Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou. Dominique is 'n kunstenares en 'n hoogsbetaalde gesellin wat mans se seksuele wense laat waar word. Martin is 'n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.
Die boek bied 'n ontnugterende perspektief op die seksindustrie - seks word nie verromantiseer nie en die vraag word gevra: Wat is normaal? Dominique is soortgelyk aan The girl on the train deur Paula Hawkins en Malhuis deur Anel Heydenrych. Die skrywer het baie navorsing gedoen oor bekruipers, psigopatie, voyeurisme, obsessie as kliniese siekte, maar ook hoe alledaagse mense seks as kommoditeit gebruik.