Read Anywhere and on Any Device!

Subscribe to Read | $0.00

Join today and start reading your favorite books for Free!

Read Anywhere and on Any Device!

  • Download on iOS
  • Download on Android
  • Download on iOS

My Naam is Legio

Madelein Rust
3.85/5 (66 ratings)
Malan & Coetsee Privaat Ondersoeke se hulp word ingeroep om die moordenaar te vind van ’n afskuwelik geskende lyk. Dit neem doktor Renata Malan, ’n forensiese sielkundige, en haar vennoot en vertroueling, Stefan Coetsee, nie lank om vas te stel ’n reeksmoordenaar het toegeslaan nie.

Vir hierdie moordenaar gaan dit egter meer oor die voorafgaande marteling as die slagoffers se dood. Dat hulle sterf, is trouens ’n “ongeluk” en die afgryslike martelmetodes stem ooreen met Middeleeuse tegnieke om demone uit te dryf.
Renata worstel ook steeds met die private demone wat haar lewenslank agtervolg: Waar is haar pa, wat moord gepleeg het en steeds voortvlugtig is? Het sy die moordgeen by hom geërf? En in die lig daarvan, durf sy toegee aan haar liefde vir Stefan? In hierdie vyfde roman in die Malan & Coetsee-reeks vind sy uiteindelik antwoorde, hoewel party daarvan met byna onverteerbare pyn gepaardgaan. Sy word van ’n donker las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

My naam is Legio is Rust se sewende roman. Haar vermoë om die aakligste en die weerloosste in die mens se psige bloot te lê het haar sedert haar debuut as een van die bekendste misdaadskrywers in Afrikaans gevestig.
Format:
Paperback
Pages:
304 pages
Publication:
2020
Publisher:
LAPA Uitgewers
Edition:
First Edition
Language:
afr
ISBN10:
0639600158
ISBN13:
9780639600154
kindle Asin: