Shani het klaar gevra of sy by Liz kan gaan slaap, maar sy't nie gesê van die rave nie. Pa sal weer te veel vrae vra en al sê hy dan sy kan gaan, sal dit nie meer lekker wees nie, want dan sal hy sê hy vertrou haar en dan's alles so 'n flippen pyn. Dis makliker as hulle jou nié vertrou nie, wand dan kan jy hulle tog nie skok nie. Anyway, daar sal mos niks verkeerd gaan nie, dis net...'n rave. Mens moet alles eenkeer probeer. As dit bad is, sal sy mos nie wéér gaan nie.